Middag offentlig
[search 0]
Flere
Download appen!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Op pad terug ná sy onderonsie met Krissie, praat Christina weer met Lammie. Toe hy haar vra of sy regtig met hom praat, en of dit sy verbeelding is, soos Bertha aan die hand gedoen het, verdwyn Christina. Lammie kry goeie nuus, en hoop om daarmee sy skuld aan Fischer uiteindelik te vereffen.Af RSG
  continue reading
 
Onderweg na Bertha, gewaar Lammie hoe sy jonger broer, Sarel en sy vrou, Lena – met die hulp van sy suster, Krissie – probeer om ’n verhongerde koei weer staande te kry. Krissie roep Lammie eenkant en vra of hy dit nie sal waardeer as sy kinders nie meer gebrek hoef te ly nie. Hulle het woorde en gaan kwaaivriende uitmekaar.…
  continue reading
 
Lammie is besig om ’n meubelstuk in opdrag van Mordecai Fischer, die geslepe winkeleienaar op Sluis, te voltooi. Hy vertel aan Simon, wat voltyds in diens van Fischer is, dat hy op soek is na ’n moeder vir sy kinders. Hy besluit om tien myl te stap om by Dirkie Coetsee te gaan hoor of hy dalk ’n kans staan om haar hand te wen.…
  continue reading
 
Bertha verskil van opinie met Lammie oor die wyse waarop sy swaer die familieplaas bekom het. Lammie ontvang besoek vanuit ’n baie onverwagte oord, maar Bertha maak dit af as sinsbedrog. Sy glo Lammie is net so begaaf soos sy oorlede vader, en sal ’n groot sukses as nutsman in die Sluis-omgewing wees.…
  continue reading
 
Christina se dood het verreikende, negatiewe gevolge vir Lambertus Bredenhand en sy gesin. ’n Dag ná haar begrafnis doen Lambertus (Lammie) se ma, Bertha Bredenhand, ’n voorstel aan die hand waarmee Lammie hom nie kan vereenselwig nie. Tóg gee hy toe dat Ousus haar skoolloopbaan sal moet opoffer.Af RSG
  continue reading
 
Ester gee Mandy die robotiese baba-pop terug vir Jolene. Wilma kry 'n uitnodiging na haar broer Albert se troue met Marita in Mauritius. Jolene bevestig sy is verwagtend en dat Lionel pa gaan word. Almal kom bymekaar vir Sammy se begrafnis by die gastehuis. Die dorp ervaar 'n laaste skudding.Af RSG
  continue reading
 
Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.…
  continue reading
 
'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.Af RSG
  continue reading
 
Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.…
  continue reading
 
Jolene en Lionel het ook vasgeval in hulle huis, maar kan self uitkom. Ronel kom by die kerksaal se nooddiens-stasie aan en vind dit staan nog, maar deel van kerk se toring het inmekaar getuimel. Ronel en Jolene moet Ester uit die gastehuis se kelder kry, waar Manie slaap nadat hy te veel wyn gedrink het.…
  continue reading
 
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.…
  continue reading
 
Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.…
  continue reading
 
Loading …

Hurtig referencevejledning