Gereformeerde Kerk Graaff Reinet offentlig
[search 0]
Flere
Download appen!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Ons ontmoet twee mense op pad na die dorpie Emmaus, sowat 11 km. van Jerusalem. Hierdie twee mense gesels egter oor ‘n hartseer saak wat afgespeel het die afgelope paasnaweek in Jerusalem. Daar is gemeenskaplike droefheid oor alles wat hulle gehoor en gesien het - sake oor die onregverdige verhoor en kruisiging van Jesus Christus. Nou is Hy dood, d…
  continue reading
 
Stel u die volgende voor: Daar beweeg ‘n stoet van Jerusalem na Golgota op die weg wat vandag die Via Dolorosa genoem word. In hulle midde, redelik op die voorpunt is ‘n man, rooi bebloed van mishandeling. Sy rug getuig van die geseling, aan flarde geslaan (Markus 15:15), ‘n ontsaglike wrede straf. Al hierdie dinge, die heen en weer stuur van een r…
  continue reading
 
Een enkele woordjie wat meer as 800 keer in die Bybel voorkom! En hoe belangrik moet hierdie woordjie dan nie wees nie? Dit gaan alles oor die 'hart' van n mens! Ook opvallend is dat as die Bybel na die woordjie 'hart' verwys dit feitlik nêrens na 'n fisiese orgaan verwys nie...maar meer geestelike lewe bedoel... dat jy maw 'n ander hartsgesindheid…
  continue reading
 
Jakob kom met hierdie pyngedagte : Alles is teen my. En hy sê dit nie ligtelik nie. In sy lewe het baie dinge gebeur wat tot hierdie uitspraak gelei het. Wat Jakob in sy lewe eerste stel, word laaste deur God geplaas en andersom. Wat vir Jakob die dierbaarste in sy lewe is, word die verste van hom weggeskeur. Is alles teen ons? Dit bring ons by die…
  continue reading
 
Met nagmaal is daar drie belangrike sake, naamlik tekens, woorde en handelinge. Tekens : Brood en wyn Woorde: Dit is my liggaam, dit is my bloed. Handelinge : Die brood word geëet en die beker word gedrink. Die beker met die nagmaalviering het ‘n besondere BETEKENIS. In die Woord van die HERE kry ons ‘n beker van oordeel en ‘n beker van genade. In …
  continue reading
 
Waarom, ‘n vraag wat so dikwels gestel word. Waarom lei die HERE ons op hierdie pad van ons lewe? Israel kom ook nou met die waarom vraag. Die eerste rede vir Israel se ontevredenheid was dat hulle vergeet het waarvan die HERE hulle verlos het. Die tweede rede van Israel se verlange na Egipte gaan oor versorging. Hulle sȇ: “Want hier is geen brood …
  continue reading
 
Ek en jy sal heelwaarskynlik nie so goed kan onthou wat ons heel eerste woorde as kinders was nie. Daarom: ek en jy, weet dalk nie wat ons eerste woorde in hierdie wereld was nie... maar maak seker dat jy weet wat jou laaste woorden raai dat woorde soos 'pa-pa' en 'ma-ma' moontlik van die heel eerste maklike en eenvoudige klanke sou wees wat ons ge…
  continue reading
 
Die dood is ‘n realiteit, maar ons is huiwerig om daaroor te praat. Die vraag is : Hoe staan ons teenoor die dood? Is dit ‘n verskrikking? Kom ons kyk hoe God deur die Heilige Gees vir die apostel Paulus lei om oor die dood te praat. Hierdie sterwensbelydenis handel oor die verlede, hede toekoms. Verlede : Sy lewe wat verby is. Hede : Die dood wat …
  continue reading
 
Besef ons werklik die wonderlike voorreg om aan die begin van die erediens die seën van die HERE te ontvang en teen die einde van die erediens na ons huise te gaan nadat ons sy seën ontvang het? In Lukas 1 word aan ons die gebeure met Sagaria meegedeel. ʼn Priester wat deur die lot aangewys is, gaan om te offer en hy moet seën. Dit is ʼn besondere ge…
  continue reading
 
Christus rig op die huttefees in ons teksvers die uitnodiging: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!” Die huttefees was die fees van die waters, die fees wat die volk herinner het aan die HERE wat water voorsien. Die groot dag van die fees was die sewende dag, die hoogtepunt van die fees. Dit is genoem die dag van die watergieting. D…
  continue reading
 
(1) Ons sien bewyse van die Godwees van die Heilige Gees in die Bybel (2) en ook in sy eienskappe wat ooreenstem met die Vader en die Seun (3) daarom moet ons die Heilige Gees aanbid en loof as God omdat Hy waarlik God is. https://youtube.com/live/zMupHirrXtIAf Teologiese student Schalk Buys
  continue reading
 
Loading …

Hurtig referencevejledning